16 April 2007

The one about a lazy afternoon in Stockholm



Afgestap trein toe en was 40 minute later in Stockholm. Ek het hierdie keer eerder 'n heeldag travelcard gekoop want laas was my voete deurgeloop. My pa het voorstel dat ek die Moderna Museet besoek. Hulle was 30 jaar gelede daar en tot my verbasing was baie van sy beskrywings van sommige die werke 100% akkuraat. Die Institutionalised Patient (Robert Rauschenberg) het my werklik ontstel. Dit is moeilik om dit te beskryf. Sy brein is 'n visbak waarin daar 'n swart vissie rondswem. Die vissie het so alleen en desperaat gelyk en dit is presies hoe mens voel as jy na die kunswerk kyk.

Dit was die laaste dag van die Kentridge uitstalling. Ek was nou nie voorheen 'n aanhanger nie, maar sy Black Box het my asem weggeslaan. Dit is 'n multimedia vertoning met musiek (Sarastro se arias uit die Towerfluit), lyn marionette, meganiese poppe en sy sketse. Die handel oor die Duitsers se uitwissing van die Herero's in SWA. Sy weergawe van die Towerfluit word later vanjaar in September in Kaapstad uitgevoer. Ek glo dit gaan een van die musikale hoogtepunte van die dekade wees.


No comments: