12 April 2007

The one about where I live in Uppsala




Hallo maatjies


Hier is die eerste van my Sweedse fotos. Hierdie kompleks van gifappeltjie geel geboue word die 'Uppsala LägenhetsHotell' genoem. Ek dink dit beteken woonstelhotel. Ek woon basies in 'n kamer met 'n enkelbed, kombuiskas en toilet wat ook 'n stort is. En dit alles vir 'n skamele 2350 SEK (ongeveer R2500) PER WEEK! Aanvanklik het ek orals heen gestap totdat dit te koud geword het, maar nou ry ek bus soos nog nooit van te vore nie. Die laaste foto het ek gisteroggend by die busstop geneem. Die katedraal se torings is in die agtergrond. Verbaas oor die mooi blou lig? Glo my: dis kouer hou blouer die lug.

No comments: