08 May 2007

The one about tanning Swedish style



Daav's se lekker kuier is al iets van die verlede. En dit was 'n fees om almal en alles in Afrikaans te kon bespreek. Daav verwys na Stockholm as "Stokkies" en ek het my misnoee (Sweedse skootkompers maak nie e's met deeltekens nie - FN+ALT137 oortuig die komper dat jy van die webbladsy wil wegmigreer) uitgespreek, maar dit het op dowe ore geval. Ek moet egter erken dat sy uitspraak van Uppsala as [oepselaa] het my baie vreugde verskaf. Sondag se weer het ons verras en ek is met kortbroek en net 'n T-hemp uit die huis uit. Oppad dorp toe het ek die foto van die sonbakker geneem. Dié man het mos nou styl!

1 comment:

Anonymous said...

Hello! Ek het maande laas blog gelees en geskryf, maar het nou weer opgevang met jou doen en late. Hoop dit gaan goed so ver weg. Mis jou sommer baie by WindWorx :( . Hoop om nog baie foto's en nuus te lees. Liefde, Adi.