24 April 2007

The one about Gamla Uppsala




Bus Nommer Twee stop by Klangs Gränd. Dit neem nie meer as 9 minute om die middel van die dorp te bereik nie. Sondag het ek nie op my gewone plek afgeklim nie, maar die bus gery tot waar dit in Gamla Uppsala stop. Gamla Uppsala is die prehistories oorblyfels van sesde eeuse vikinggrafte. Daar is 'n museum, reastaurant, kerk, grafhope, en wandelpaaie met interessante leesstof. Mens hoef regtig nie die 30 SEK te betaal om in die museum in te gaan nie want jy kan sommer so in die stap en by die kerk alles lees oor die Noorse temple en gebeure wat hier afgespeel het. Die begrafplaas en kerk is werklik 'n besoek werd. Sjoe, ek begin soos 'n toergids klink...

No comments: