15 April 2007

The one where Mats nails his thesis to the tree


Daar is tradisies en dan is daar tradisie. Mats se tesisboek is Vrydag vrygestel en om dit te vier, het hy sy tesis aan die boom vasgespyker tydens fika (koffietyd). Uppsala Universiteit bestaan al langer as wat Diaz in Mosselbaai aangekom het en hierdie tradisie is ouer as Jan van Riebeeck se Kaapse draai. Dit is duidelik dat daar baie waarde aan die voltooiing van 'n doktorsgraad geheg word. Elke doktorand moet vier artikels publiseer om aan die Universiteit se vereistes voldoen. Ek voel vanaand sommer baie trots dat ek die geleentheid het om hier, in die mekka van nie-liniêre gemengde effek modelering (NONMEM) kan studeer. Dankie, dankie, dankie.

No comments: