11 April 2007

The one about being online again

Until my return to Cape Town I will be blogging in Afrikaans in an attempt to maintain some sort of identity/sanity.

Hallo almal

Waar om te begin. Ek wil eerder nie blog oor my laaste dae in Kaapstad nie want ek het meesal gewerk en my poging was 87% suksesvol om alles af te handel voor my vertrek . Op die dag van my vertrek was ek en Braamie net na 05:00 op die lughawe sodat ek vroeg kan inboek om 'n sitplek by die nooduitgang te kry. Dit was 'n groot fout. Die sitplek by die nooduitgang is nouer as die ander sitplekke en nadat ek myself in die stoeltjie inforseer het, moes ek bly sit totdat ons in Frankfurt geland het. Daar is nou, 12 dae later, nog steeds blou kolle op my heupe. Die vlug uit Kaapstad het laat vertrek en dus het ek my vlug na Munchen verpas. Al my toiletware is op Frankfurt gekonfiskeer omdat dit meer as 100mL per houer was. My nuwe Timberland skoene se sole het glo een of ander tipe mostertpoeier bevat wat gebruik kan word om 'n bom te maak. Na 'n lang debat het hulle my egter toegelaat om my skoene aan boord te vat. Blerrie Duitsers. Hulle het ook die bottel Franse champagne , wat SAA vir my as kompensasie vir my ongemak gegee het, gekonfiskeer. Gelukkig kon ek 'n sitplek op die laaste vlug na Munchen kry en groot was my verbasing toe my bagasie saam met my in Munchen aangekom het.

Die taxi na my hotel het 60 Euro gekos, maar ek was so moeg dat dit my nie eers gepla het nie. Die hotel is in die ou deel van Munchen en die kamer was hipermodern. Dit beteken dat daar baie spasie is en geen meubels nie. Die bed was baie gemaklik en ek het heerlik geslaap.

Ek het besluit om na die simposium te stap duer die ou stad en dit was werklik verbaas oor hoe mooi en skoon Munchen is. Oppad het ek verby die speelgoedmuseum gestap en baie na my ouers verlang want ek onthou dat daar 'n poster van 'n uitstalling by die museum in ons huis in Bloemfontein gehang het. Ongelukkig het ek nie tyd gehad om die museum te besoek nie. Die symposium was interessant en ek het die aand varkvleis en knudel in die hotel se restaurant geeet.

Ek moet nou eers bietjie werk en sal later oor my aankoms in Swede blog.

2 comments:

Anonymous said...

Pop... ek gaan op vakansie, dan kom ek terug, en jy is weg. Dissie goed'ie. Kom terug. Nou. Asseblief. Dankie pop.

Jan-Stefan said...

Bly om te hoor. Ek is 30 Junie weer op my plek.